Noord-Germaanse tale

Noord-Germaanse tale
Skandinawiese tale
Geografiese
verspreiding:
Noord-Europa
Genetiese
klassifikasie
:
Indo-Europees
 Germaans
  Noord-Germaanse tale
Onderafdelings:

Noord-Germaanse tale in Europa:

   Deens

   Sweeds

   Noors (Bokmål en Nynorsk)

   Yslands

   Faroëes

   Norn

Die Noord-Germaanse tale verteenwoordig een van die drie takke van die Germaanse tale, 'n sub-familie van die Indo-Europese tale, saam met die Wes-Germaanse tale en die Oos-Germaanse tale. Afgelei van Proto-Noors en Oudnoors, word dit in die drie Skandinawiese lande (Denemarke, Noorweë, en Swede), die Faroëreilande, Ysland en Groenland, sowel as deur 'n beduidende Sweedse minderheid in Finland en deur immigrante groepe hoofsaaklik in Noord-Amerika en Australië gepraat. Die taalgroep word baie keer of die Skandinawiese- of die Nordiese tale genoem.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne